top of page
Search
danie4740

PARD SA35 Nagvisie – sien soos ‘n arend in die dag en ‘n uil in die nag.


Hoeveel keer het jy nie al gehoor dat mense sê, ”As jy al jou wortels eet, gaan jy in die donker kan sien”. Indien dit waar was, sou soldate, matrose en vlieëniers vandag nêrens heen gegaan het sonder dat daar ‘n wortel in sy ‘bek’ was nie. Natuurlik is nagvisie-toestelle baie beter en gemakliker om te gebruik as om die hele tyd aan ‘n wortel te kou.

Indien jy wild wil besigtig in die middel van die nag, probleemdiere wil identifiseer of selfs wil gebruik vir sekuriteit, dan is die PARD SA35 nagvisie toestel net die ding vir jou. Ek het al in die verlede ‘n paar sulke nagvisie produkte getoets, maar niks soos die PARD SA35 nie. Hierdie produk is iets wat ek onmiddellik sal aanskaf.

Die PARD SA 35 geweer teleskoop is een van die wêreld se kleinste en ligste termiese nagvisie toestelle. Die termiese sensor in alle PARD produkte in van hoë gehalte, so jy kan maar gerus die teleskoop op ‘n groot roer sit.

Met ‘n moderne termiese teleskoop neem jy ‘n stap in ‘n hele nuwe wêreld in, waar die nag omtrent nie bestaan nie. Die PARD SA35 is so uitstekende produk en werk net so goed in die nag as die dag. Die risiko om die verkeerde dier te skiet, word drasties verminder. Jy kan duidelik diere identifiseer in die dag en in die nag. Skootplasing is uiters belangrik en dit is van kleins af, deur my pa in my kop in “gedrill”. Met die PARD SA35 sien jy ook beter waar jy die dier tref as die skoot klap, mits jy natuurlik die geweer stilhou en deur die teleskoop kyk wanneer jy die skoot aftrek. Die bloedspoor wat ontstaan, kan makliker met die PARD gevolg word wanneer daar lae-lig omstandighede heers.



Lees die volledige artikel in die Januarie 2022 uitgawe van WILDLAND




25 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


bottom of page