top of page
Search
  • danie4740

Swartwildebees – die amper ‘mal’ bees.


Swartwildebeeste het my nog altyd gefassineer. Van ver af lyk hy groot en agressief. Wanneer hy gejag is en op die grond lê is hy sommer baie kleiner, maar sy krom horings en klos hare op die voorkop laat hom nog steeds na ‘n ‘Noord-Koreaanse gevegsvlieg’ lyk.

Ek het nie baie swartwildebeeste in my lewe gejag nie. As mens die prys van ‘n swartwildebees met die van ‘n blouwildebees vergelyk, kry jy baie meer vleis vir jou geld met die bloue. Dit is egter ook so dat ‘n swartwildebees ‘n gesogde trofee uitmaak en daarom is hy op meeste jagters se ‘wens lysie’. Ek het my eerste swartwildebees naby Kroonstad in die tagtiger jare geskiet. My vriend Henk Osmers het na ‘n swartwildebees-trofee gesoek en so beland ons toe op die plaas van Lucas van der Merwe by Kroonstad. Ons het donker uit Pretoria gery. Toe die winterson sy kop oor die Vrystaat se vlaktes wys, stop ons by Lucas se huis. Soos ouder gewoonte op elke boerplaas, moet jy eers koffie en beskuit geniet voordat jy aan jou roer vat…. en dan begin die gesels. Na ‘n uur toe almal weet niemand is van mekaar familie nie, bestyg ons Lucas se Ford F100. Dit is koud maar ek en Henk sit maar braaf agterop die bakkie. Henk het sy 6mm Musgrave en ek my .270 Win, ook ‘n Musgrave. Ek wou net ‘n blesbok of twee skiet nadat Henk sy swartwildebees geskiet het.


Lees die volledige artikel in die Januarie 2022 uitgawe van WILDLAND


113 views0 comments

Comments


bottom of page